Die Burger

KLASSIEKE MUSIEK: James Grace and Friends, met James Grace (kitaar), die Universiteit van Kaapstad-kitaarensemble, Reza Khota (kitaar), Tzu-Fan Tang (viool) en Christopher Duigan (klavier). In die Baxter-konsertsaal.

James Grace is ? goëlaar met sy kitaar. Dis asof sy vingers en die musiek wat dit optower jou in vervoering opsweep. Daarby spits hy hom nie net toe op klassieke musiek nie, maar is hy bekend vir ? wye spektrum musiek, veral smeulende Spaanse liedjies.

Grace en vriende het Dinsdagaand ? konsert van musiek vir klassieke kitaar gebied.

…Grace het opgevolg met twee werke – Córdoba en Granada – van Albeniz vir kitaar, waarin dié komponis sy Spaanse herkoms vier met musiek met Flamenco-ritmes.

Die kitaarspeler het sy gehoor geboei, totdat ? Flamenco-dansers tydans Granada haar opwagting gemaak het – so asof Grace en sy talent ? mens nie genoeg in vervoering laat nie. Hoewel dit ? (paslike) andersheid was, het die harde voetkloppe by tye gepla.

Saam met die violis Tzu-Fan Tang het Grace ? sonate vir kitaar en viool van die vioolvirtuoos en komponis Niccoló Paganini gespeel.

Vir ? verandering laat Paganini nie die viool die botoon voer nie. In die liriese tweede deel (Romanza) het Grace meegevoer. Met die vele vinnige toonlere en oktaafspronge, daag hierdie werk behoorlik die kitaarspeler tegnies uit. Grace het dit soos kinderspeletjies laat lyk.

Hy en die kitaarspeler Reza Khota het ook ? aangename werk, L’Encouragement Op.36 van die komponis en kitaarspeler Fernando Sor (1778 – 1839), goed gespeel.

Werke vir klavier en kitaar is skaars, omdat, soos Grace sê, die kitaar nie die omvang en dinamiek van die klavier het nie. Nogtans is hy en die Natalse konsertpianis Christopher Duigan besig om ? repertorium van verwerkings vir dié twee instrumente saam te stel en uit te voer.

Ná die pouse het hulle dan nege stukke van Piazzolla tot Sting gespeel. Ek het veral van Piazzolla se opwindende “Libertango” gehou, en Grace het Sting se liedjie “Fields of Gold” nuwe karakter gegee.

Die Burger, 2008

Grace skilder intieme portret met musiek

Die plaaslike kitaarspeler James Grace se tweede album het pas by Stringwise Records verskyn. Dit heet Portrait, en ? mens neem aan die werke op die CD is sorgvuldig gekies om sy aansien as kunstenaar te herbevestig en uit te brei.

Dis inderdaad moeilik vir enige klassieke musikus om ? repertoire vir konserte of opnames te kies. Letterlik honderde ander beroemde musici speel dieselfde werke en hoe druk ? mens jou eie, unieke stempel op ?  werk af terwyl dit steeds in die universeel aanvaarde styl van die bepaalde komponis voorgedra moet word?

Elke kitaarspeler droom daarvan om byvoorbeeld Villa – Lobos se pragtige preludes te speel, maar soveel beroemde virtuose het dit reeds opgeneem. En elke nuwe opname word noodwendig gemeet aan bekende vorige opnames.

Grace open sy album met die Tres Piezas Españolas van een van die twintigste eeu se belangrikste kitaarpedagoge, die Spanjaard Emilio Pujol. Hy het waarskynlik die drie werke as openingstukke gekies omdat dit binne ? tradisionele raamwerk die karakter van die kitaar as kombinasie van ritmiese en melodiese instrument so goed ontgin.

Mauro Giuliani se Gran Sonata Eroica verteenwoordig die klassieke repertorium toe die klassieke kitaar ? meer gereelde toevoeging tot die familie van kamermusiekinstrumente was. Die Spaanse en Suid-Amerikaanse werke wat deesdae die grootste deel van die kitaar repertorium uitmaak, het toe nog nie bestaan nie. Die kitaar was ? instrument soos die klavesimbel, viool of fluit.

Dié sonate toon Grace as uitmuntende vakman wat al die nuanses van die sogenaamde Weense klassieke styl kundig bemeester.

Villa – Lobos se Vyf Preludes is unieke klankskilderings van een van die kitaar se voorste meesters. Van die melancholiese versugting van die eerste prelude – ? singende melodielyn afgeëts teen akkoordbegeleiding – tot die dans-elemente van die derde prelude (Melodia Capoeira) kry die uitvoerder kans om die uiteenlopende stemmings van die preludes ten volle te ontplooi.

Dis ? fyn kuns om te weet hoeveel ritartando goeie smaak is en wanneer dit oordryf word. Grace se fyn aanvoeling is baie oortuigend. Hy skep net die regte stemming vir elke werk en maak van elke prelude ’n afgeronde klankskildery. Die subtiliteit van sy kitaarklank dra by tot ? aangename luisterervaring.

Soos sy voorige CD is hierdie album ook in ? plaaslike ateljee opgeneem. Die klank is natuurlik en ? mens kry nooit die gevoel dat tegniese of elektroniese foefies die musiek van sy natuurlikheid ontneem nie.

Grace speel sy eie kitaartranskripsie van Bach se Fuga in G mineur uit die Vioolsonate no. 1 BWV 1001. Hy het dit een toon hoër getransponeer omdat A mineur tegnies ? meer speelbare toonaard vir die kitaar is. Dit beteken dat die uitvoerder meer aandag kan gee aan die komplekse eise wat die Barokkontrapunt stel en daardeur verseker dat die meedoënlose ritmiese voortstuwing so tipies aan musiek uit hierdie periode sy volle aandag kry.

Hy sluit sy ‘portret’ af met ? huldeblyk aan die Stellenbosse kitaaronderwyser Dietrich Wagner, wat verlede jaar skielik oorlede is. Wagner was Grace se eesrste kitaaronderwyser toe hy in die ouderdom van tien in Suid-Afrika aangekom het. In die bygaande boekie dra hy die werk op aan Wagner en ? ander Kaapse onderwyser wat ? groot invloed op plaaslike kitaaronderrig gehad het, Neefa van der Schyff, ook onlangs oorlede.

Wagner se Intermezzo is intiem en tydloos en die volmaakte sluit-stuk vir Grace se intieme portret van sy kuns.

Louis Heyneman, Die Burger, 2007

James Grace – Granada

‘…Sy album getiteld Granada bestaan uit ’n versameling van bekende werke van onder andere Albeniz, Sor, Granados, Tarrega
en Torroba.

Dit is duidelik dat Grace die werke op die album gekies het om sy musikaliteit en fyn aanvoeling vir die kitaar te vertoon.

Die kitaar is ’n besonder intieme instrument en die klank het min drakrag. Maar dit is juis die fyner nuanses van die klank (met die byklanke van die vingers wat snare pluk en daaroor skuif) wat die instrument so uniek maak. Elke werkie op die album is kleinkuns op
sy beste en sluit, soos te wagte, Tarrega se bekende
“Herinneringe aan die Alhambra” in.

Grace se opwinde weergawe van Albeniz se bekende “Asturias”
laat mens weer besef wat ’n vindingryke komponis Albeniz was en hoe hy die volmaakte klankskildering met die kitaar kon skep, terwyl Fernando Sor se Variasies op ’n Mozart-tema beklemtoon dat die klassieke kitaar al die fyner emosies en nuanses van ’n gesofistikeerde instrument soos die klavier of viool na vore kan
bring.

Die opnamer is besonder lewensgetrou en dit is goed om te weet
dat ’n plaaslike opname-ateljee kan meeding met die bestes van oorsee. Ons kan inderdaad kers vashou by die beste van die
beste’

Louis Heyneman, Die Burger, 2006

© 2018 stringwise records & james grace. all rights reserved.