JPO spoggerig met Gueller en Grace

Dit is net menslik dat die hoë standaard wat die Johannesburg Philharmonic in die afgelope twee, drie jaar gevestig het nie altyd gehandhaaf kan word nie: daar is té veel elemente (soos die dirigent, die uiteenlopende orkeslede en die bepaalde repertorium) om te alle tye dié gehalte te waarborg.

Die derde JPO-seisoen vanjaar het tot dusver goeie resultate gelewer, maar niks uitsonderliks nie. Tot gisteraand, met die Duitse dirigent Bernhard Gueller op die podium en die Kaapstadse kitaarspeler James Grace as solis.

Voorste kitaarsoliste is oor dekades in die Goudstad gehoor in Rodrigo se Concierto de Aranjuez, met weergawes van Narciso Yepes, Alirio Diaz, Angel Romero en meer onlangs Craig Ogden. Grace beskik oor ’n veilige tegniek, maar wat sy weergawe bó die gewone verhef, is ’n fynsinnge aanvoeling vir die wese van die musiek – die “con spirito” van die eerste deel netjies verpak in ’n positiewe klankbeskrywing van koninklike ambience; die lomerige skildering van die annekserende Adagio het gewen aan lenige frasering; en die slot-Allegro is delikaat, maar met ’n byna vurige dansmantigheid aangehits. Die ingetoë, hoogs musikale solistiese benadering het die concerto bo ’n vertoonstuk laat uittroon.

Rodrigo se orkestrale meesterstuk steun, in die aard van kitaarconcerto’s, swaar op balans met die solis. Hier was Gueller se leiding van die orkes onberispelik. Die verbintenis tussen houtblasers en kitaar kan soms probleme skep, maar die frekwensie-beheer in dié orkesseksie was in die kol. Dié ontvanklike en toegewende verhouding tussen die twee dinamiese kragte – solis en dirigent-orkes – het ’n besonderse resultaat bepaal: een van die seldsame lewende uitvoerings uit eie bodem wat tuishoort in bogenoemde solistiese geselskap.

…’n Aand in die Linder om te onthou.

Thys Odendaal, Beeld, 2008

Written by : Bryn Hunter

Subscribe To My Newsletter

BE NOTIFIED ABOUT BOOK SIGNING TOUR DATES

[contact-form-7 id=”287″ /]

Donec fringilla nunc eu turpis dignissim, at euismod sapien tincidunt.