‘n Positiewe wind waai oor die Vrystaatse Simfonieorkes

“…Al die seksies is na ’n hoër vlak van spel verhef as dit waaraan gehore die afgelope jare uitgelewer was.

Die Kaapstadse kitaarsolis James Grace het dit dus goed getref, want uit die aard van dié instrument is die klankbalans ’n kritiese faktor, al het Grace sy klank effens versterk. Pianissimo-spel was in die verlede dikwels ’n probleem.

Christopher Dowdeswell se orkestrale leiding en klankbeheer was Donderdag in die kol en die delikate nuanses van Grace se vertolking van die Concierto de Aranjuez van Rodrigo dus duidelik hoorbaar.

Sy tegniek bied ’n betroubare onderbou vir sy fyn aanvoeling vir die kleurryke skildering van die koninklike lewe aan die Aranjuez-paleis.

Lang, vloeiende frases het die bekende Adagio in ’n soort siësta-rustigheid geklee, terwyl hy in die slot-beweging daarin geslaag het om delikaatheid met ’n onderliggende vurigheid te kombineer.

Grace het ’n eie solistiese stempel op die werk afgedruk, een met groter intimiteit van ’n werk wat maklik net as ’n vertoonstuk benader kan word.”

Elretha Britz, 2009

Written by : Bryn Hunter

Subscribe To My Newsletter

BE NOTIFIED ABOUT BOOK SIGNING TOUR DATES

[contact-form-7 id=”287″ /]

Donec fringilla nunc eu turpis dignissim, at euismod sapien tincidunt.