Die Volksblad
'n Positiewe wind waai oor die
Vrystaatse Simfonieorkes
“…Al die seksies is na ’n hoër
vlak van spel
verhef as dit waaraan gehore die afgelope jare uitgelewer was.
Die Kaapstadse kitaarsolis James Grace het dit dus goed getref, want
uit die aard van dié instrument is die klankbalans
’n
kritiese faktor, al het Grace sy klank effens versterk. Pianissimo-spel
was in die verlede dikwels ’n probleem.
Christopher Dowdeswell se orkestrale leiding en klankbeheer was
Donderdag in die kol en die delikate nuanses van Grace se vertolking
van die Concierto de Aranjuez van Rodrigo dus duidelik hoorbaar.
Sy tegniek bied ’n betroubare onderbou vir sy fyn aanvoeling
vir
die kleurryke skildering van die koninklike lewe aan die
Aranjuez-paleis.
Lang, vloeiende frases het die bekende Adagio in ’n soort
siësta-rustigheid geklee, terwyl hy in die slot-beweging
daarin
geslaag het om delikaatheid met ’n onderliggende vurigheid te
kombineer.
Grace het ’n eie solistiese stempel op die werk afgedruk, een
met
groter intimiteit van ’n werk wat maklik net as ’n
vertoonstuk benader kan word.”
Elretha Britz, 2009
back